Siektes en Voorkomings van Tamatie, Knoffel en Basielkruid Plante


Tamatie Plant

Vroeë Roes:

Photo by Walter Reeves
Vroeë Roes is wanneer die ouer blare van die tamatie plant bruin kolle op kry.  Die blare se groen pigmente verander na ‘n geel kleur rondom die bruin kolle.  Die blaar sal later heeltemal dood begin lyk wat dan gaan veroorsaak dat dit gaan afval.  Die hele plant gaan later net ‘n paar blare op hê of omtrent niks nie.  Dit word veroorsaak deur ‘n swam wat Alternaria solani genoem word.  Die swam lewe in die grond so as die plant in grond geplant word wat voorheen plante bevat het met die siekte kan die siekte oorgedra word in nuwe plant wat in daardie grond geplant word.
Dit kan voorkom word deur die grond eers te toets vir swamme.  Swamdoders kan ook gebruik word.

Photo by University of Minnesota
Septoria Blaar kolle:

Die siekte begin wanneer daar geel kolle op die laer blare van die plant voorkom wanneer die plant die eerste tamaties begin dra.  Die kolle begin raak al hoe donkerder en later word dit swart.  Die blare word dan dood en begin val dan af.  Dit word veroorsaak deur ‘n swam genaamd  Septoria lycopersici.
Dit kan voorkom word deur ‘n swamdoder genaamd ‘Certis Double Nickel 55™ Fungicide & Bactericide’.

Photo by Gardener's path
Poeieragtige Skimmel:

Die siekte veroorsaak dat die blare wit poeier op het.  Daar kan ook wit kolle op die plant se blare en stingel wees.  As die swam nie behandel word nie kan die blare later geel raak en dan bruin wat veroorsaak dat die plant blare gaan verloor.  Dit word meestal in ‘n kweekhuis aangetref omdat daar min lugvloei is en omdat dit ‘n hoë humiditeit het.
Dit kan voorkom word deur ‘n voorkomingsspuit wat swael bevat.

Laat Roes:

Photo by University of Minnesota
Die siekte begin in koue nat weer.  Dit het dieselfde simptome as Vroeë Roes en Septoria Blaar Kolle.  Die enigste verskil is dat Laat Roes gaan die plant dood maak.  Die siekte is hoogs aansteeklik vir ander plante.  Dit word veroorsaak deur ‘n swam genaamd phytophthora wat plant verwoesting beteken.  Die swam tas die plant se weefsels aan.
Dit kan voorkom word deur ‘n voorkoming spuit van Actinovate (dit bevat ‘n bakterie genaamd Streptomyces lydicus.) en ‘n Koper Swamdoder.  Die plant moet besproei word onder op die grond verkieslik deur drip besproeiing.



Knoffel Plant

Photo by WSU Vegetable Pathology Program
Wit Verotting:
Wit verotting, ook bekend as Sclerotica cepivorum, is een van die grootste swamsiektes in die knoffel bedryf.  Daar sal in die begin stadium vertraagde groei wees asook die buitenste blare wat geel raak en dan dood gaan.  Later sal al die blare tot by die hoofstam dood gaan en af val.
Dit beste manier om die siekte te voorkom is om die sade te ontsmet met alkohol, bleikmiddels en warm water.  Die sade moet nie langdurig en teen hoë temperature ontsmet word nie anders gaan die plant nie ontkiem nie.


Bortrytis Verotting:
Photo by Oregon State University Plant Clinic

Die siekte begin in die nek van die bol van die plant en kan later in die hele plant versprei wat dan veroorsaak dat die plant gaan dood gaan.  Die siekte is afkomstig van die swam genaamd Botryotinia porri.
Dit kan voorkom word deur swamdoders soos Azoxystobin.






Blaar roes:
Photo by Garden Betty

Die siekte veroorsaak dat die blare van die plant geel oranje flekke in die middel van die blaar gekry.  Dit veroorsaak groot skade aan die saad gewas.  Die swam is ten gunste van warm temperature bo 16 ֯C met hoë humiditeit.  Dit word veroorsaak deur ‘n swam genaamd Stemphylium.
Dit kan voorkom word deur swamdoders soos Azoxystrobin.




Pink Wortel:
Photo by New Mexio State University

Die naam beskryf presies wat die siekte se simptome is.  Die wortels van die plante word ‘n ligte pink kleur wat later verander na ‘n rooi wat op die ou end ‘n swart kleur gaan wees en dan gaan die wortels dood.  Die kleur van die siekte kan na die bol van die knoffel ook versprei wat die knoffel kan beskadig.  Dit word veroorsaak deur ‘n swam genaamd Phoma terrestris.
Dit kan voorkom word deur die grond te toets voor dit geplant word.  Die swamdoder, Dichlorophen, kan ook gebruik word om die siekte te behandel.





Basielkruid

Wortel Verotting:
Photo by The Crop Site

Wanneer die siekte in die wortels is gaan die blare van die plant begin verlep en die kleur sal verander na geel en daarna na bruin. Die blare sal laterhand af val.  Die stam van die plant sal ook begin verlep en later begin doodgaan.  Die wortels van plant sal sag wees en ‘n bruin kleur hê. Die siekte word meestal veroorsaak deur oorbenatting.
Dit kan voorkom word deur swamdoders soos Dichlorophen.  Die plante moet nie teveel water kry nie.  Die grond moet ook getoets word vir die siekte voor die plant geplant word.

Vir 'n opsomming van behandelings wat deur 'n maatskappy wat spesialiseer in pes en siekte beheer van plante, aan ons gegee is sien gerus ons ander inskrywing hier.




Henco de Beer
20706510


Bibliografie:

20 Common Tomato Plant Problems And How To Fix Them. (2018). Retrieved from Safer Brand : https://www.saferbrand.com/articles/common-tomato-plant-problems-how-to-fix-them
Cross, A. (2014, December 23). Garlic Diseases: White Rot. Retrieved from Mother Earth News: https://www.motherearthnews.com/organic-gardening/garlic-diseases-white-rot-zbcz1412
Davis, R. M. (2008, June). Pest Management Guidelines: Onion and Garli. Retrieved from UC IPM: http://ipm.ucanr.edu/PMG/r584100711.html
England, A. (2017, September 4). What Is Wrong With My Tomato? Retrieved from The Spruce: https://www.thespruce.com/tomato-diseases-and-treatment-2539969
Garlic: Diseases and Symptoms. (2018, March 26 ). Retrieved from Vikaspedia: http://vikaspedia.in/agriculture/crop-production/integrated-pest-managment/ipm-for-spice-crops/ipm-strategies-for-garlic/diseases-and-symptoms#section-3
Grist, D. (2018). How To Prevent Late Blight on Tomatoes. Retrieved from Gardener's Supply Company: https://www.gardeners.com/how-to/prevent-late-blight/7262.html
Gush, R. (2012, September ). 3 Problems That Can Ruin Your Garlic Crop. Retrieved from Hobby Farms: https://www.hobbyfarms.com/3-problems-that-could-ruin-your-garlic-crop-3/
Marie, J. (n.d.). Root Rot in Basil. Retrieved from SFGATE: http://homeguides.sfgate.com/root-rot-basil-26883.html
Rhoades, H. (2018, April 5). Diseases And Problems With Growing Basil. Retrieved from Gardening know how: https://www.gardeningknowhow.com/edible/herbs/basil/basil-diseases.htm
Smith, C. (2018). Disease Control. Retrieved from New England Vegetable Management Guide: https://nevegetable.org/crops/disease-control-9

Comments

Popular posts from this blog

Pest, weed and disease management

Soil, water and the mother block